top of page

Waar my spore lê...

  • Luzanne van Niekerk
  • Dec 23, 2016
  • 4 min read

Een van my gunstelingste plekke in die hele wye wêreld is verseker die Kalahari. Daardie rooi sand, blou lug, geel gras en kameeldoring bome het 'n bekoring wat jy ver sal na soek.

My paadjie het vir amper 3 jaar in die Kalahari gaan draai. Dit was absoluut nie beplan nie, inteendeel, dit het met baie skoppe en stote gevat om my daar te kry. Nadat ek graad gevang het in 2002 het ek met ywer werk gesoek in Johannesburg. My kop het corporate world toe gestaan, ek kon myself reeds dien in 'n fancy kantoor en snyers pakkie. Maar met 'n Bcomm graad sonder enige ondervinding was dit challenging om die minste te sê. Onderhoud na onderhoud moes ek hoor ek het nie ondervinding nie en die werke wat ek kon kry kon gn mens op leef nie - veral nie in Johannesburg nie.

Die enigste ondervinding wat ek wel gehad het was my 4 jaar se waitressing by Lanzerac Hotel. Een hotel agent het my in die hande gekry en somehow haar mission gemaak om vir my werk te kry. Dit was dag vir dag 'n oproep uit Nelspruit met een of ander hostess van die restaurant of head waitress van daai hotel. Hoe meer ek se dat ek nie in enigiets behalwe bemarking belangstel nie - hoe meer het die vrou my gepes. Ek het tot sover gegaan en haar gevra om asseblief te vergeet van my, my CV te verloor en totaal te delete van haar sisteeem af. Sy was stil vir so drie weke....toe weer 'n oproep.

Sy het die ideale werk vir my - nee nie bemarking nie maar 'n stunning geleentheid by 'n game lodge met die naaste dorp Hotazel!! Ek kon my ore nie glo nie, die vrou was RERIG persistent. Ek het net gelag en gese, nee dankie ek stel nie belang nie. Maar sy wou nie nee vir 'n antwoord vat nie en het my oortuig om tog my CV te stuur vir die company. 'n Paar dae later weer 'n oproep - die slag om my laat weet die Hospitality Manager wil graag met my 'n telefoniese oproep hê. Weereens het ek dit as 'n totale mors van tyd gesien en met oë rol ingestem om met haar te praat. Die middag bel 'n britse vrou my vir die onderhoud. Ek bly voet by stuk dat ek nie belangstel nie - die werk is 'n office based werk wat kontak is tussen sales & die lodge, maar dit het my glad nie aangeswitch nie en het dit ook sommer so reguit gesê. Uit radeloosheid se ek - ek hou van mense - ek wil nie in 'n kantoor sit nie en dit is toe dat Josie sê maar daar is nog 'n pos beskikbaar. Front of House - wat heeldag met mense werk.

Na die telefoniese onderhoud het Josie gevra dat ek na die website moet gaan kyk (www.tswalu.com) en dat dit die grootste privaat wildsplaas is besit deur die Oppenheimer familie. Vir die eerste keer het ek gevoel dit is dalk 'n opsie. 'n Week later vlieg ek met 'n PC12 vir 3 dae kalahari toe. Wie sal nou nee dankie se vir so onderhoud uitnodiging. Ek het op daardie stadium hoeveel onderhoude gehad maar elke keer in Johannesburg en ek weet hoe om aan te trek en dit is 'n uur alles oor en verby. Nou het ek 'n 3 dae onderhoud in 'n omgewing wat ek rerig niks van weet nie. Ek klim die Sondag met 'n denim rompie, cute wit toppie en platforms op die vliegtuig. Kuier lekker saam met die gaste op die vlug en 2 ure later toe ons oor die rooi duine sirkel, toe weet ek, hier wil ek wees.

Die detail van wie my by die airstrip kom haal het kan ek nie lekker onthou nie, ek het net gesien daar is baie voertuie, party laai personeel op, party gaste en natuurlik een vir my. Later het ek gehoor dat dit 'n baie algemene ding is vir die game rangers wat die gaste op laai om terug te rapporteer oor die "fresh meat" vir die onderhoud en agv my "city look" was ek onmiddellik gereject as 'n poppie wat dit nie sal maak nie.

Almal was baie vriendelik, Josie en haar man Fred het my ontmoet en genooi om te gaan perd ry die middag. Voor die dag was perdry nou nie rerig 'n aktiwiteit wat ek al baie gedoen het nie. Om die waarheid te se, die laaste keer wat ek op 'n perd was het ek afgeval en steke aan my oogbank moes kry. Maar ek is game vir alles en gaan ry saam. Na die perd met my die veld in hardloop vir geen rede (?) het almal maar geperd loop vir die res van die trip. Na die 3 dae was ek sold. Die vraag of ek met die isolasie gaan kan deal kon ek nie antwoord nie, want wie weet nou of jy vir 2 maande elke dag kan werk en min of geen kontak met die wereld buite die drade van die reservaat het nie. Dit was waarskynlik aan die einde my grootste challenge.

Na die onderhoud verloop 2 maande met GEEN terugvoering. Ek het intussen maar vrede gemaak dat ek nie die pos gekry het nie en verder gesoek vir iets anders. Die 27ste Oktober kry ek 'n oproep, ek het die werk gekry het en moet 1 November begin werk. Ek was so uit die veld geslaan - op daardie oomblik oppad van die Kaap na Durban vir 'n troue. Ek besluit om net daar van Durban af terug te vlieg Johannesburg toe, Kroonstad toe en die pad vat Kalahari toe. Ses uur se ry waarvan die laaste twee uur 'n slegte grondpad is (met geen selfoon opvangs).

Dit is hoe ek in die Kalahari beland het. Min het ek geweet dat dit die plek is waar ek my beste vriende gaan maak, baie groot lesse gaan leer, ongelooflike ervarings gaan hê en waar die wêreld na my toe gaan kom. Ek het elke dag die son sien opkom en onder gaan. Die tipe werke wat almal net van droom en waar ek 'n deel van my hart verloor het!!

 
 
 

Comments


You Might Also Like:
About Me

I am probably the most normal person I know...or rather unique like everybody else.  I somehow picked a life that is different in so many ways.  Excited but also hard...unconventional but rewarding. The further I wander from the "normal" path the least I long to follow it.  Although I normally wander on my own, I do like great company, interesting conversations and like minded people to make some memories with...

 

Join my mailing list

Search by Tags

© Luzanne on a page...rare occation! Proudly created with Wix.com

bottom of page