Hoofstuk 2, 3, 4,...
- Luzanne van Niekerk
- Mar 30, 2017
- 2 min read
...wie weet presies watter hoofstuk dit is maar dis 'n nuwe een. Ek hou van 'n nuwe begin, 'n clean slate, waar niemand jou ken nie. Op 'n manier is dit altyd 'n baie interessante liberating tyd vir my vol nuwe mense, idees, ervarings maar ook challenges.
Die nuwe mense is seker die lekkerste - hoewel dit daunting is om in 'n vertrek in te loop met 'n skare van nuwe gesigte, kan ek nooit help om van die een na die volgende te kyk en te wonder.....wie van julle is die een wat my gaan maak lag....wie gaan my op help....wie gaan my af druk en wie is 'n nuwe soul connection...wie gaan saam met my oud word
Soms maak ek nog griewelooslike foute deur heeltemal iemand verkeerd op te som of om 'n gem mis te kyk...al wat dit my leer is dat ek altyd 'n open mind moet hou en ware kleure wys meeste van die tyd eers later....don't judge a book by its cover maar lees ook die fyn print....
Mense....gee my altyd 'n opgewonde gevoel diep binne in my...
'n Nuwe begin is ook hard. Meestal baie alleen, min ondersteuning en tough....dis hoekom mense verkies om in hulle comfort zone te bly. Ek is 'n raar spesie wat kans sien om dit keer op keer te doen. Dit gaan vir my oor die groei geleentheid, elke challenge waar jy MOET cope en MOET swem in die diepkant, dit forseer groei.
Die grootste stretch was my Duitsland hoofstuk - nooit in my dagteslewe het ek geweet hoe hard dit gaan wees nie. Ongelooflik eensaam, ver, humbling, disconnected, druk om myself te bewys nie net aan myself nie maar ook aan ALMAL wat blatant gese het ek gaan dit nie maak nie...nuwe land, taal, verlore tussen 18 jariges van 100 lande heeldag in my persoonlike spasie wat geen benul van my pad het wat ek stap nie. Die alleenste was dat NIEMAND verstaan het wat ek rerig beleef nie - ondersteuning ja maar min begrip vir wat dit rerig behels om aan te pak wat ek gedoen het....liberating is om terug te kyk en die spore te sien wat ek gelos het....reg oor die wereld van India, Brazil tot Cameroon....lewens wat ek verander het en mense wat ek nooit sal vergeet nie...
...nou is ek terug in a lewe wat ek weereens nie gesien kom het nie en nie voorbereid op was nie.... 'n gespook om een lewe af te sluit en klaar te maak en nuwe te begin....'n geknaag van emosies, laaste swotting stuiptrekke en sente om draai...
...'n nuwe hoofstuk van geleenthede, nuwe mense, ervarings, memories...elke keer as die hard my aftrek dink ek aan die amazing wat wag...een of twee tree verder...wie weet!!










Comments