top of page

My eie pad, my eie tyd...

  • Luzanne van Niekerk
  • Dec 22, 2016
  • 3 min read

Ek het al soveel in my lewe gewonder hoekom ek die "moeiliker" pad kies. Dit is asof ek elke keer as daar 'n vurk in die pad is, aspris die pad kies met meer challenges, wat wye kaapse draaie maak. Elke keer verwens ek myself dat ek nie net tevrede is om till te slaan by Shoprite nie maar dat ek meer verwag van die lewe.

Dit bring my altyd terug na waar dit alles begin het...dit is nie altyd so maklike antwoord nie maar as ek terug dink aan my kinder dae was ek eintlik redelik gemiddeld met wat ek gedoen het. Ek was defnitief nie populer nie maar het op 'n manier my ding gedoen. Die eerste plek waar ek gedink het ek doen dinge anders was op 12 jaar - ek het net soos my pelle begin koerante aflewer. Elke middag na skool het ek getrou my stapel Volksblaaie gaan haal om af te lewer. Winter, somer, reen en bloedige son. Dit was nie so uniek nie maar die feit dat ek 60+ koerante afgelewer het en omtrent 20km fiets gery het, het my dalk so bietjie van die ander geskei....Koerante af lewer is harde werk met min genade. Baie dae nou besef ek dat ek dink ek het daar my eerste les van hard werk, verantwoordelikheid en selfstandigheid geleer. Ek het geleer hoe om met geld te werk en hoe dit voel om my eie te verdien. Min het ek geweet hoe so iets kleins dalk al die verskik gaan maak vir die res van my lewe.

Na my eerste werk het ek elke vakansie iewers gewerk totdat ek 'n een van die Capazorio broers van Manny's vir my se ek moet eerder vir myself werk. Hy het belowe om te koop wat ookal ek vir hom bring. Dit was die ontstaan van DOT's...

DOT's was 'n besigheid wat ek op 16 met R50 begin het. Die eerste maand het ek alle geld terug gesit om die besigheid te groei en na 'n maand het ek R1000 wins gehad. In 1994 was dit baaaie geld vir 'n skool kind. Dit was oorspronklik net 'n vakansie projek maar wie eindig nou so florernde besigheid. DOT's het vir 3 jaar aangegaan - ek was as een van Tekkies se Top Entrepreneurs in 1995 gekies met 'n trip na Rio gewen, 'n poegie kon koop, my trip Europa toe finansier en totaal my eie uitgawes gedek soos skooltoere en klere. Teen die tyd het ek 'n nuwe betekenis aan hard werk gegee. Elke het oorspronklik alles self gedoen - elke naweek 500 DOT's gemaak tot diep in die nagte, dankbaar as die naweek verby is. Deur die week tussen skool aktiwiteite deur moet ek aflewer. Elke week dieselfde patroon. Na Tekkies die program uitgesaai het, het my lewe heeltemal uitgehak - soos 'n regte celebrity moes ek handtekeninge uitdeel en DOT's vlieg....1000 per dag!! Ek moes hulp kry en het 5 werkers aangestel oor naweke om te help. As ek nou daaraan dink was dit net so crazy tyd....gelukkig (of ongelukkig) het die groot lus vir DOT's bietjie afgeneem na 'n maand of wat en kon ek weer asem skep en bietjie konsentreer op my record eksamen.

In matriek moes ek 'n keuse maak of ek enigsins wil gaan swot en of ek hierdie entrepreneur golf gaan ry....ek het besluit om die wyser ding te doen en eerder te gaan swot (na 'n jaar au pair ). Ek wonder soms of ek nie die volgende groot entrepreneur kon ongewees het as ek aangegaan het nie. Ek het DOT's aangepass aan iemand jonger maar dit het omtrent 'n onmiddellik dood gesterf. Belangrike bewys dat passie is een van die belangrikste bestanddele om van iets 'n sukses te maak.

Elke jaar of twee daarna het ek 'n halwe stap verder weg van die mainstream gegee, au pair in plaas van gaan swot, gaan swot op Stellenbosch ipv naby die huis, gaan werk in die bos.... alles op my eie pad, op my eie tyd...

 
 
 

Comments


You Might Also Like:
About Me

I am probably the most normal person I know...or rather unique like everybody else.  I somehow picked a life that is different in so many ways.  Excited but also hard...unconventional but rewarding. The further I wander from the "normal" path the least I long to follow it.  Although I normally wander on my own, I do like great company, interesting conversations and like minded people to make some memories with...

 

Join my mailing list

Search by Tags

© Luzanne on a page...rare occation! Proudly created with Wix.com

bottom of page